Uitgawe 22: 3 September 2018

 

 

If you can't see this e-mail properly, view it online

 

 
 

 

valies logo2

 

 

 

 

valies tema

Leuse/Tema vir 2018:  Overvaal bou karakter!

 

 

NUUS-KIERIG

 

 

Uitgawe 22 - 3 September 2018

 

 

 

   

 

 

Geagte ouer/voog

 

 

 

Sterkte aan al die leerders met die toetsreeks wat voorlê.  Onthou harde werk word beloon. 

 

 

 

Dankie vir al die ouers wat ons verlede Dinsdag ondersteun het met die LUR van Gauteng Departement van Onderwys, Mnr. Lesufi, se vergadering.  Ek wil dit duidelik stel dat al die voorstelle vir die wysiging van regulasies vir die toelating tot skole, gerig is op álle skole in Gauteng, en spesifiek Afrikaanse skole word die mikpunt.  Dit is nie op Hoërskool Overvaal as sodanig gerig nie. 

 

 

 

Mnr. Lesufi se toespraak hier was redelik besadig as jy kyk wat het by ander vergaderings in ander streke gebeur. 

 

 

 

Ek hoop en vertrou dat u, as ouer, u sterk uitgespreek het teen die moontlike wysigings.  U moet ook weet dat ons beheerliggaam soos ander beheerliggame ‘n proses volg om hulle stem te laat hoor teen die LUR se voorstelle.

 

 

 

Ek wil dit ook onder u aandag bring dat ons skool vol is. Ons huidige inname van graad 8-leerders vir 2019 is ook baie hoog en kan ons nie regtig nog leerders tot ons skool toelaat nie. 

 

 

 

Gedagte vir die week

 

 

 

“Die Here gee my krag, Hy beskerm my.  Ek het op Hom vertrou en Hy het my gehelp.” – Ps 28: 7

 

 

 

Groete

 

 


 
SCHALK RABIE - HOOF
2018.09.03

 

 

 

Laat kom

 

 

 

Leerders moet reeds om 07:25 binne die skoolgronde wees, en om 07:30 in klasverband aangetree wees op die blokke.  Dit bly u as ouers se verantwoordelikheid om te verseker dat u kind/ers elke skooldag betyds by die skool is, ongeag of u hulle aflaai by die skool, en of hulle self skool toe stap/ry.  Daar sal streng opgetree word teen leerders wat laat kom.

 

 

 

Engelse Olimpiade

 

 

 

Mignon Roux en Sieglinde Fourie, beide graad 8-leerders, het aan die D7 Engelse Olimpiade deelgeneem.  Mignon verwerf eerste plek en Sieglinde tweede plek.  Baie geluk.  Julle hou Hoërskool Overvaal se naam hoog!

 

 

 

 

Overvaal jaggeleentheid

 

 

 

Hoërskool Overvaal bied aan een gelukkige wenner die geleentheid om ‘n Blouwildebees te skiet op ‘n plaas naby Fochville (oop permit).  Kaartjies beloop R200 elk en sluit verversings  in.  Slegs 100 kaartjies word verkoop. 

 

 

 

Skakel mev. G. Greyling by (016) 429 1792 of 082 377 5013.  Sluitingsdatum is 26 September 2018 en die trekking vind plaas op 2 September 2018.  Die wenner sal telefonies gekontak word.

 

 

 

Skandaal by Overvaal!

 

 

 

Bespreek u kaartjie vir die komiese vertolking deur Hoërskool Overvaal se eie personeel!!

 

 

 

Datum:            23 Oktober (R50 per persoon)

                        24 Oktober (R100 per persoon – sluit vingerete in.  Eie drinkgoed

                        welkom).

 

 

 

Koop u kaartjies so gou as moontlik by mev. C. van de Poll

 

 

 

“Cheerleaders”

 

 

 

Hoërskool Overvaal se “cheerleaders” het die naweek deelgeneem aan ‘n kompetisie by die Tekkiefees en het hulle goed van hulle taak gekwyt.  Hulle positiewe deelname en spanwerk was ongelooflik.

 

 

 

Fotobestellings

 

 

 

Fotobestellings sluit op Vrydag, 7 September. 

 

 

 

Pakket wat ‘n klasfoto insluit            :           R100

Ander groepfoto’s                               :           R30

 

 

 

Bestellings en gelde na Me. C. Somerset, asb.

 

 

 

Uitslae:  Ringbal op 30 Augustus 2018

 

 

 

Die volgende leerders is deel van Hoërskool Overvaal se ringbalspanne:

 

 

 

Dogters Seuns
Vianey Spamers Dewald Jordaan
Gemma Gous Rinus Ferreira
Marzaan Grobbelaar Welré Olivier
Charmaine Pieterse Ruan Naude
Carike Deyzel Ruan van Loggerenberg
Luandi Knuppe Dyllan Swanepoel
Simoné van Staaden Pierré Joubert
Charlotte Strauss Shane Davids
Lara van Heerden  
Lana Pienaar  

 

 

 

Ons spanne het op Donderdagaand, 30 Augustus in Meyerton meegeding teen ander skole.  Dit was meeste leerders se eerste keer en na net twee oefeninge gaan albei spanne deur na die “Champ of the Champions”.  Die seunsspan het net-net teen Hoërskool Dr. Malan verloor en die res het almal gewen. 

 

 

 

Uitslae:  Krieket – 1ste span teen Parys op 1 September

 

 

 

Overvaal:  160 all out, 29.5 overs

Parys:  162/4, 28.3 overs

 

 

 

Uitslae:  Krieket – o/14-span teen Hoërskool Driehoek

 

 

 

Driehoek:  178/6

Louis:  2/22

Overvaal:  110/10

Weyers: 48

 

 

 

Uitslae:  Krieket – o/14-span teen Hoërskool Dr. Malan

 

 

 

Overvaal:  136/4

Ivan:  93*

Dr Malan:  137/5

Wyers: 3/20

 

 

 

Uitslae:  Krieket teen HTS Sasol

 

 

 

HTS Sasol slaan 139 in 20 beurte

Overvaal slaan 134 in 20 beurte

HTS Sasol wen met 5 lopies

 

 

 

Parkering van leerders binne skoolterrein

 

 

 

Slegs leerders wat beskik oor 'n geldige bestuurderslisensie mag binne die skoolterrein ry en parkeer.  Leerders sonder die nodige dokumentasie, moet asseblief in die parkeerterrein by die winkelkompleks oorkant die skool parkeer. 

    

 

 

 

Afhaal van leerders gedurende skoolure

 

 

 

Geen leerders mag die skoolterrein verlaat gedurende skoolure sonder om eers afgeteken te word in 'n register in die algemene kantoor nie.  Indien leerders dit wel doen, sal dit beskou word as "stokkiesdraai" en sal hy/sy volgens die dissiplinêre kode van die skool dienooreenkomstig  gestraf word. 

 

 

 

 

Ter wille van u kind se veiligheid, kan slegs ouers of voogde 'n leerder kom afhaal.  Indien 'n ouer/voog weens werksomstandighede nie self 'n leerder kan afhaal nie, moet 'n toestemmingsbrief saam met die persoon gestuur word wat die leerder afhaal, of die ouer moet 'n toestemmingsbrief aan ons faks of per e-pos stuur.  Dieselfde reëling geld ongelukkig ook vir die leerders se broers/susters, oupas/oumas en ooms/tannies.  Die leerders bly die skool se verantwoordelikheid tot tyd en wyl ons hulle in die sorg van hulle ouers/voogde oorgee.  Let wel:  Telefoniese toestemming sal nie aanvaar word nie, bloot weens die feit dat ons in staat moet wees om skriftelike bewys van toestemming te kan toon aan die Departement sou dit nodig wees. 

 

 

 

 

Indien 'n leerder gedurende skoolure siek word, mag hy/sy nie self die ouer skakel nie.  Hy/sy moet aanmeld by die algemene kantoor, waarna een van die administratiewe dames die ouer sal skakel en versoek om die leerder te kom haal.  Die leerder sal in die siekekamer gehou word tot tyd en wyl die ouer hom/haar kan afhaal. 

 

 

 

 

Ons sal dit waardeer indien u sover as moontlik afsprake na skoolure sal reël.  Moet asseblief nie u kinders vir onbenullige redes tydens skoolure kom afhaal nie.  Dit is geweldig steurend vir die personeel indien ons kort-kort leerders uit klasse moet roep.

 

 

 

Maak asseblief seker dat ons oor u korrekte kontakbesonderhede beskik, en dat ons in staat is om u in die hande te kry in gevalle van siekte en nood.  Dit het al in die verlede gebeur dat ons tydens'n noodgeval tot drie oproepe moes maak voordat ons daarin kon slaag om 'n ouer te bereik!

  

 

 

 

Druk van toeters voor skoolhek

 

 

 

Ons wil vriendelik versoek dat ouers asseblief nie sal toeter druk wanneer hulle toegang benodig tot die skool nie.  Dit is geweldig steurend.  Daar is aan beide kante van die hek 'n knoppie binne maklike bereik geplaas vir hierdie doel.

 

  

Leerders gebruik voorportaal as deurgang

 

 

 

Ons ondervind tans 'n groot probleem met leerders wat die voorportaal by die algemene kantoor gebruik as 'n deurgang.  Dit is veral leerders wat gebruik maak van die parkering voor die administratiewe blok, en leerders wie se busse geparkeer staan voor die administratiewe blok, wat hulle hieraan skuldig maak.  Die voorportaal skep die eerste indruk wat besoekers van ons skool kry, en moet dus deurentyd skoon en netjies gehou word.  Dit is 'n groot frustrasie om die vloere skoon te hou met leerders wat gedurig daar deur beweeg, soms selfs met modderige en vuil skoene en ook na sportperiode met rugbyskoene aan.  Ons vra u dringende samewerking in hierdie verband.

 

 

 

Halfvoltooide huis in veld oorkant skool is verbode

 

 

 

‘n Dringende versoek word gerig dat alle leerders weg bly van die halfvoltooide huis in die veld oorkant die skool.  Dit is nie veilig vir leerders nie.  Leerders wat daar gevang word, sal ‘n blou briefie ontvang vir “Oortreding van ‘n skoolreël”.

 

 

 

 

Uitstap by skoolhekke nadat leerders reeds afgelaai is

 

 

 

Daar is ‘n voortslepende probleem met leerders wat soggens, óf per motor, óf per bus, afgelaai word by die skool, instap by die skoolterrein om hulle tasse neer te sit, en dan weer uitstap by die hekke om die winkelkompleks oorkant die skool te besoek, of andersins rondstaan buite om te wag vir vriende.  U, as ouer, is intussen onder die wanindruk dat u kind veilig binne die skoolterrein is.  Een van die probleme wat hierdeur ervaar word, is dat die leerders rondhang by die winkelkompleks en dan gevolglik laat opdaag vir skool, en die ander meer ernstige kopseer, is dat daar in daardie tydgleuf iets met u kind/ers kan gebeur buite die skoolterrein, wat geweldige regsimplikasies meebring vir alle partye.  Leerders wat afgelaai word by die skool, moet die skoolterrein dadelik binne gaan, en binne bly!

 

 

 

Matrieksertifikate:  2017

 

 

 

Die matrieks van 2017 kan hulle oorspronklike matrieksertifikate by die skool kom afhaal gedurende skoolure.  Dit moet maar so spoedig as moontlik afgehaal word by die skool, aangesien die matrieksertifikate slegs vir ‘n beperkte tydperk by die skool gehou word, waarna dit terug gestuur word na die distrikskantoor vir veilige bewaring. 

 

 

 

 

Gholfdag

 

 

 

Datum:            28 September 2018

Plek:                Maccauvlei Gholfklub

Koste:             R2500 vir 4-bal

                        R1500 vir putjie borg

 

 

 

Borgskappe sal verwelkom word.

 

 

 

Vir meer inligting kontak:      Chadri Cronjé - 082 826 3158 /

                                                Chris Sharp – 078 785 8601                                

 

 

 

 

Medikasie

 

 

 

Volgens departementele opdrag mag géén medikasie, insluitend oogdruppels, aan enige leerders gegee word nie. 

 

 

 

 

Advertensieborde op palisadeheining

 

 

 

Maatskappye wat belangstel kan teen geringe koste advertensieborde op die skool se palisadeheining in Langrandweg aanbring.  Borde se grootte is 2.450 x 1.225m.  Borde word op die maatskappye se eie koste gemaak.  Kontak gerus vir Charmasne van de Poll vir koste en navrae. 

 

 

 

 

Klerewinkeltye

 

 

 

Maandae + Dinsdae + Donderdae – gedurende pouse.

 

 

 

  

Vir enige navrae:  Kontak gerus Michelle - 084 554 9928 of Pierre - 084 529 3299.

 

 

 

 

Verjaarsdae:  Personeel

 

 

 

September:

 

 

 

MNR  S  SCHOEMAN 5
MEV  G S  GREYLING 15

 

 

Verjaarsdae:  Leerders

 

 

 

September:

 

 

 

4 WEPENER  THEUNS GR 8/1
     
6 BARNARD  BERNICE GR 11/4
     
  BEZUIDENHOUT  ANKE GR 8/2
     
  PELSER  RICHELLE GR 9/2
     
  WILLEMSE  MERCIA GR 8/2
     
7 FOUCHé  SUANNé GR 9/3
     
  SCHOEMAN  CARLA GR 12/3
     
  VAN DER WESTHUIZEN  RUAN GR 12/2
     
8 JOUBERT  KIARA GR 9/4
     
9 LUDEKE  SUE-LEY GR 9/3
     
  VAN SCHALKWYK  QUINTON GR 9/2
     
10 STEENEKAMP  BERNICE GR 9/3
     
11 ABERG  CHANTELEE GR 10/1
     
  JOUBERT  STEFAN GR 12/1
     
  SERFONTEIN  AMORI GR 10/4
     
  VAN DER WESTHUIZEN  SHARON GR 11/5
     
  VAN RENSBURG  TIAAN GR 10/4
     
12 MARAIS  MIA GR 12/2
     
  PIKE  ANDY GR 9/1
     
13 HARMSE  AUDIA GR 8/2
     
15 GARDINER  MEGAN GR 12/3
     
  KILLIAN  WERNER GR 12/2
     
16 AYRES  ALBELENé GR 11/2
     
17 VAN DEN BERG  MAY-LEE GR 11/4
     
18 DU PLESSIS  MICAELA GR 12/3
     
  LABUSCHAGNE  NOLéNE GR 9/2
     
19 VAN ZYL  MACKEYLIN GR 9/3
     
20 LLOYD  BIANCA GR 8/3
     
  LOTTER  PEET GR 11/2
     
21 LABUSCHAGNE  JANé GR 8/4
     
22 SMITH  ZANDRé GR 9/4
     
23 PROUDFOOT  RYAN GR 8/1
     
24 STEYN  VINCENT GR 9/4
     
  VAN LOGGERENBERG  RUAN GR 10/3
     
25 FREEMANTLE  CINDY GR 10/2
     
  LAUTENBACH  JADEN GR 9/4
     
26 RIVABELLA  RAIDEN GR 10/2
     
  STRYDOM  FRANCOIS GR 11/5
     
  VAN DER MERWE  CARLA GR 10/3
     
28 BLIGNAUT  YOLANDé GR 8/1
     
  BOTHA  CLAUDIA GR 11/1
     
  GERBER  RUAN GR 9/4
     
  ROSSOUW  ANDRIES GR 12/2
     
29 HOLTZHAUZEN  JESSE GR 11/5
     
  INGHAM  NADINE GR 10/1
     
 

STEYN  WERNER

 

 

 

 

 

GR 12/3

 

 

 

 

 

                                       HOËRSKOOL OVERVAAL
                                                                 FINALE SEPTEMBER 2018 TOETSROOSTER
Datum Dag Gr 12 Gr 11 Gr 10 Gr 9 Gr 8
03-Sep Maandag LO Siv/Kuns Afr EBW MSW G
04-Sep Dinsdag Eng/RTT Eng Eko    
05-Sep Woensdag BE Afr Lew Teg Wisk
6-Sep Donderdag IT Lew RTT    
7-Sep Vrydag W/WG Eko W/WG Eng Afr
10-Sep Maandag Kuns Toer Eng    
11-Sep Dinsdag   Elek BE MSW G Eng
12-Sep Woensdag Eko Gas Toer    
13-Sep Donderdag Afr REK IGO NW NW
14-Sep Vrydag FW FW Geo    
17-Sep Maandag FW W/WG FW Wisk MSW A
18-Sep Dinsdag   BE REK    
19-Sep Woensdag Geo/Elek IGO Gas/Elek Afr EBW
20-Sep Donderdag LW RTT IT    
21-Sep Vrydag   Geo/IT Kuns MSW A Teg
24-Sep Maandag          
25-Sep Dinsdag          
26-Sep Woensdag LW Afr V3 Afr V3 Afr V3 Afr V3
27-Sep Donderdag Toer Eng V3 Eng V3 Eng V3 Eng V3
     

 

 

 

 

 

 

     
                            HOëRSKOOL OVERVAAL
                                       ROOSTER:  REKORDEKSAMEN
                                                    GRAAD 12
                                                        2018
DATUM   TYD VAK URE P/NP
03-Sep Maandag 9:00 LO (CAT) 2 P
04-Sep Dinsdag 9:00 English FAL V2 2 P
14:00 RTT V2 3 NP
05-Sep Woensdag 9:00 Besigheidstudie 3 P
06-Sep Donderdag 9:00 IT V2 3 NP
07-Sep Vrydag 9:00 Wisk/Wisk Glt V2 3 P
           
10-Sep Maandag 9:00 Kuns    
11-Sep Dinsdag        
12-Sep Woensdag 9:00  EKO V2 2 P
13-Sep Donderdag 9:00 Afrikaans HL V1 2 NP
14-Sep Vrydag 9:00 FW V1 3 P
           
17-Sep Maandag 9:00 FW V2 3 P
18-Sep Dinsdag        
    14:00 Gasvryheidstudie 3 NP
19-Sep Woensdag        
20-Sep Donderdag 9:00  GEO V1/ Elektr 3 P/NP
14:00  GEO V2 P
21-Sep Vrydag 9:00 LW V1 NP
           
24-Sep Maandag Heritage Day  
25-Sep Dinsdag        
26-Sep Woensdag 9:00 LW V2 P
27-Sep Donderdag 9:00 Toerisme 3 P
28-Sep Vrydag        

  

 

  

  

  

   

 

 

 

 

 
 

 

If you don't want to receive our news anymore, unsubscribe