Uitgawe 23: 10 September 2018

 

 

If you can't see this e-mail properly, view it online

 

 
 

 

valies logo2

 

 

 

 

valies tema

Leuse/Tema vir 2018:  Overvaal bou karakter!

 

 

NUUS-KIERIG

 

 

Uitgawe 22 - 3 September 2018

 

 

 

   

 

 

Geagte ouer/voog

 

   

Sterkte aan al die leerders wat tans besig is met die toetsreeks. 

 

 

 

Baie geluk aan al ons krieketspanne wat goed vaar in hulle onderskeie ligas.

 

 

 

Geluk aan ons dogters- en seunsringbalspanne wat baie goed vertoon in hulle ligas.

 

 

 

Ons het hierdie kwartaal twee geleenthede geïdentifiseer om fondse in te samel vir die skool.  Ek vra dat u ons sal help met die projekte, veral in die verspreiding van inligting.  Ons projekte behels:

 

 

 

  • Gholfdag
  • Jaggeleentheid om ‘n Blouwildebees te skiet

 

 

Gedagte vir die week

 

 

 

“Die Here stuur Sy engele om mense te beskerm wat Hom dien.  Hy verlos hulle wat Hom aanbid.”

 

 

 

Groete

 

 


 
SCHALK RABIE - HOOF
2018.09.10

 

 

 

Laat kom

 

 

 

Leerders moet reeds om 07:25 binne die skoolgronde wees, en om 07:30 in klasverband aangetree wees op die blokke.  Dit bly die ouers se verantwoordelikheid om te verseker dat u kind/ers elke skooldag betyds by die skool is, ongeag of u hulle aflaai by die skool, en of hulle self skool toe stap/ry.  Daar sal streng opgetree word teen leerders wat laat kom. 

 

 

 

 

Overvaal jaggeleentheid

 

 

 

Hoërskool Overvaal bied aan een gelukkige wenner die geleentheid om ‘n Blouwildebees te skiet op ‘n plaas naby Fochville (oop permit).  Kaartjies beloop R200 elk en sluit verversings  in.  Slegs 100 kaartjies word verkoop. 

 

 

 

Skakel mev. G. Greyling by (016) 429 1792 of 082 377 5013.  Sluitingsdatum is 26 September 2018 en die trekking vind plaas op 27 September 2018.  Die wenner sal telefonies gekontak word.

 

 

 

Fotobestellings

 

 

 

Bestellings vir foto’s word nog aanvaar tot Vrydag, 14 September.  Dit word egter beskou as laat bestellings en die foto’s sal later as die oorspronklike bestellings eers beskikbaar wees.

 

 

Skandaal by Overvaal!

 

 

 

Bespreek u kaartjie vir die komiese vertolking deur Hoërskool Overvaal se eie personeel!!

 

 

 

Datum:            23 Oktober (R50 per persoon)

                        24 Oktober (R100 per persoon – sluit vingerete in.  Eie drinkgoed

                        welkom).

 

 

 

Koop u kaartjies so gou as moontlik by mev. C. van de Poll

 

 

 

Uitslae: Ringbal

 

 

 

Die skool se Ringbalspelers het op Saterdag, 8 September deelgeneem by die “Champ of Champs” – toernooi in Kemptonpark.  Die dogterspan het eerste geëindig en die seunspan het tweede geëindig.  Baie geluk!

 

 

 

Uitslae:  o/14-krieketspan teen Hoër Volkskool Heidelberg

 

 

 

Volkskool:  197/10

Vilano - 6/33 in 4 beurte

Overvaal:  143/10

Weyers – 45

 

 

 

Uitslae:  o/14-krieketspan teen Hoërskool Transvalia

 

 

 

Overvaal:  89/10

Ivan – 33

Transvalia:  91/10

 

 

 

Uitslae:  o/15-krieketspan teen Afrikaans Hoër Sasol

 

 

 

Overvaal wen met een paaltjie.

 

 

 

Uitslae:  o/15-krieketspan teen Sedibeng Hub

 

 

 

Overvaal wen met 68 lopies.

 

 

 

EBW-olimpiade

 

 

 

Drie van die skool se graad 8-leerders het Dinsdag, 4 September deelgeneem aan die EBW-olimpiade.  Die leerders is Vianey Spamers, Bianca Lloyd en Joané Spies.  Slegs die sewe beste skole (volgens Junie-eksamenpunte) is gekies uit 104 skole in die distrik om deel te neem aan die olimpiade, en Hoërskool Overvaal het eerste geëindig.  Die drie leerders neem eerskomende Saterdag deel aan die provinsiale olimpiade in Randfontein, waar groot pryse gewen kan word.  Ons is baie trots op hierdie leerders.

 

 

 

Parkering van leerders binne skoolterrein

 

 

 

Slegs leerders wat beskik oor 'n geldige bestuurderslisensie mag binne die skoolterrein ry en parkeer.  Leerders sonder die nodige dokumentasie, moet asseblief in die parkeerterrein by die winkelkompleks oorkant die skool parkeer. 

  

 

 

  

Afhaal van leerders gedurende skoolure

 

 

 

Geen leerders mag die skoolterrein verlaat gedurende skoolure sonder om eers afgeteken te word in 'n register in die algemene kantoor nie.  Indien leerders dit wel doen, sal dit beskou word as "stokkiesdraai" en sal hy/sy volgens die dissiplinêre kode van die skool dienooreenkomstig  gestraf word. 

 

 

 

Ter wille van u kind se veiligheid, kan slegs ouers of voogde 'n leerder kom afhaal.  Indien 'n ouer/voog weens werksomstandighede nie self 'n leerder kan afhaal nie, moet 'n toestemmingsbrief saam met die persoon gestuur word wat die leerder afhaal, of die ouer moet 'n toestemmingsbrief aan ons faks of per e-pos stuur.  Dieselfde reëling geld ongelukkig ook vir die leerders se broers/susters, oupas/oumas en ooms/tannies.  Die leerders bly die skool se verantwoordelikheid tot tyd en wyl ons hulle in die sorg van hulle ouers/voogde oorgee.  Let wel:  Telefoniese toestemming sal nie aanvaar word nie, bloot weens die feit dat ons in staat moet wees om skriftelike bewys van toestemming te kan toon aan die Departement sou dit nodig wees. 

 

 

 

Indien 'n leerder gedurende skoolure siek word, mag hy/sy nie self die ouer skakel nie.  Hy/sy moet aanmeld by die algemene kantoor, waarna een van die administratiewe dames die ouer sal skakel en versoek om die leerder te kom haal.  Die leerder sal in die siekekamer gehou word tot tyd en wyl die ouer hom/haar kan afhaal. 

 

 

 

Ons sal dit waardeer indien u sover as moontlik afsprake na skoolure sal reël.  Moet asseblief nie u kinders vir onbenullige redes tydens skoolure kom afhaal nie.  Dit is geweldig steurend vir die personeel indien ons kort-kort leerders uit klasse moet roep.

 

 

 

Maak asseblief seker dat ons oor u korrekte kontakbesonderhede beskik, en dat ons in staat is om u in die hande te kry in gevalle van siekte en nood.  Dit het al in die verlede gebeur dat ons tydens'n noodgeval tot drie oproepe moes maak voordat ons daarin kon slaag om 'n ouer te bereik!

 

 

 

  

Druk van toeters voor skoolhek

 

 

 

Ons wil vriendelik versoek dat ouers asseblief nie sal toeter druk wanneer hulle toegang benodig tot die skool nie.  Dit is geweldig steurend.  Daar is aan beide kante van die hek 'n knoppie binne maklike bereik geplaas vir hierdie doel.

  

 

Leerders gebruik voorportaal as deurgang

 

 

 

Ons ondervind tans 'n groot probleem met leerders wat die voorportaal by die algemene kantoor gebruik as 'n deurgang.  Dit is veral leerders wat gebruik maak van die parkering voor die administratiewe blok, en leerders wie se busse geparkeer staan voor die administratiewe blok, wat hulle hieraan skuldig maak.  Die voorportaal skep die eerste indruk wat besoekers van ons skool kry, en moet dus deurentyd skoon en netjies gehou word.  Dit is 'n groot frustrasie om die vloere skoon te hou met leerders wat gedurig daar deur beweeg, soms selfs met modderige en vuil skoene en ook na sportperiode met rugbyskoene aan.  Ons vra u dringende samewerking in hierdie verband.

 

 

 

Halfvoltooide huis in veld oorkant skool is verbode

 

 

 

‘n Dringende versoek word gerig dat alle leerders weg bly van die halfvoltooide huis in die veld oorkant die skool.  Dit is nie veilig vir leerders nie.  Leerders wat daar gevang word, sal ‘n blou briefie ontvang vir “Oortreding van ‘n skoolreël”.

 

 

 

 

Uitstap by skoolhekke nadat leerders reeds afgelaai is

 

 

 

Daar is ‘n voortslepende probleem met leerders wat soggens, óf per motor, óf per bus, afgelaai word by die skool, instap by die skoolterrein om hulle tasse neer te sit, en dan weer uitstap by die hekke om die winkelkompleks oorkant die skool te besoek, of andersins rondstaan buite om te wag vir vriende.  U, as ouer, is intussen onder die wanindruk dat u kind veilig binne die skoolterrein is.  Een van die probleme wat hierdeur ervaar word, is dat die leerders rondhang by die winkelkompleks en dan gevolglik laat opdaag vir skool, en die ander meer ernstige kopseer, is dat daar in daardie tydgleuf iets met u kind/ers kan gebeur buite die skoolterrein, wat geweldige regsimplikasies meebring vir alle partye.  Leerders wat afgelaai word by die skool, moet die skoolterrein dadelik binne gaan, en binne bly!

 

 

 

Matrieksertifikate:  2017

 

 

 

Die matrieks van 2017 kan hulle oorspronklike matrieksertifikate by die skool kom afhaal gedurende skoolure.  Dit moet maar so spoedig as moontlik afgehaal word by die skool, aangesien die matrieksertifikate slegs vir ‘n beperkte tydperk by die skool gehou word, waarna dit terug gestuur word na die distrikskantoor vir veilige bewaring. 

 

 

 

Gholfdag

 

 

 

Datum:            28 September 2018

Plek:                Maccauvlei Gholfklub

Koste:             R2500 vir 4-bal

                        R1500 vir putjie borg

 

 

 

Borgskappe sal verwelkom word.

 

 

 

Vir meer inligting kontak:      Chadri Cronjé - 082 826 3158 /

                                                Chris Sharp – 078 785 8601  

 

 

                            

 

Medikasie

 

 

 

Volgens departementele opdrag mag géén medikasie, insluitend oogdruppels, aan enige leerders gegee word nie. 

 

 

 

 

Advertensieborde op palisadeheining

 

 

 

Maatskappye wat belangstel kan teen geringe koste advertensieborde op die skool se palisadeheining in Langrandweg aanbring.  Borde se grootte is 2.450 x 1.225m.  Borde word op die maatskappye se eie koste gemaak.  Kontak gerus vir Charmasne van de Poll vir koste en navrae. 

 

 

 

 

Klerewinkeltye

 

 

 

Maandae + Dinsdae + Donderdae – gedurende pouse.

 

 

 

  

Vir enige navrae:  Kontak gerus Michelle - 084 554 9928 of Pierre - 084 529 3299.

 

 

 

 

Verjaarsdae:  Personeel

 

 

 

September:

 

 

 

MEV  G S  GREYLING 15

  

 

Verjaarsdae:  Leerders

 

 

 

September:

 

 

 

10 STEENEKAMP  BERNICE GR 9/3
     
11 ABERG  CHANTELEE GR 10/1
     
  JOUBERT  STEFAN GR 12/1
     
  SERFONTEIN  AMORI GR 10/4
     
  VAN DER WESTHUIZEN  SHARON GR 11/5
     
  VAN RENSBURG  TIAAN GR 10/4
     
12 MARAIS  MIA GR 12/2
     
  PIKE  ANDY GR 9/1
     
13 HARMSE  AUDIA GR 8/2
     
15 GARDINER  MEGAN GR 12/3
     
  KILLIAN  WERNER GR 12/2
     
16 AYRES  ALBELENé GR 11/2
     
17 VAN DEN BERG  MAY-LEE GR 11/4
     
18 DU PLESSIS  MICAELA GR 12/3
     
  LABUSCHAGNE  NOLéNE GR 9/2
     
19 VAN ZYL  MACKEYLIN GR 9/3
     
20 LLOYD  BIANCA GR 8/3
     
  LOTTER  PEET GR 11/2
     
21 LABUSCHAGNE  JANé GR 8/4
     
22 SMITH  ZANDRé GR 9/4
     
23 PROUDFOOT  RYAN GR 8/1
     
24 STEYN  VINCENT GR 9/4
     
  VAN LOGGERENBERG  RUAN GR 10/3
     
25 FREEMANTLE  CINDY GR 10/2
     
  LAUTENBACH  JADEN GR 9/4
     
26 RIVABELLA  RAIDEN GR 10/2
     
  STRYDOM  FRANCOIS GR 11/5
     
  VAN DER MERWE  CARLA GR 10/3
     
28 BLIGNAUT  YOLANDé GR 8/1
     
  BOTHA  CLAUDIA GR 11/1
     
  GERBER  RUAN GR 9/4
     
  ROSSOUW  ANDRIES GR 12/2
     
29 HOLTZHAUZEN  JESSE GR 11/5
     
  INGHAM  NADINE GR 10/1
     
 

STEYN  WERNER

 

 

 

 

 

GR 12/3

 

 

 

 

 

                                   HOËRSKOOL OVERVAAL
                                                          FINALE SEPTEMBER 2018 TOETSROOSTER
Datum Dag Gr 12 Gr 11 Gr 10 Gr 9 Gr 8
10-Sep Maandag Kuns Toer Eng    
11-Sep Dinsdag   Elek BE MSW G Eng
12-Sep Woensdag Eko Gas Toer    
13-Sep Donderdag Afr REK IGO NW NW
14-Sep Vrydag FW FW Geo    
17-Sep Maandag FW W/WG FW Wisk MSW A
18-Sep Dinsdag Gas BE REK    
19-Sep Woensdag Geo/Elek IGO Gas/Elek Afr EBW
20-Sep Donderdag LW RTT IT    
21-Sep Vrydag   Geo/IT Kuns MSW A Teg
24-Sep Maandag          
25-Sep Dinsdag          
26-Sep Woensdag LW Afr V3 Afr V3 Afr V3 Afr V3
27-Sep Donderdag Toer Eng V3 Eng V3 Eng V3 Eng V3
             

  

 

 

 

   

 

                          HOëRSKOOL OVERVAAL
                                  ROOSTER:  REKORDEKSAMEN
                                                      GRAAD 12
                                                          2018
DATUM   TYD VAK URE P/NP
10-Sep Maandag 9:00 Kuns    
11-Sep Dinsdag        
12-Sep Woensdag 9:00  EKO V2 2 P
13-Sep Donderdag 9:00 Afrikaans HL V1 2 NP
14-Sep Vrydag 9:00 FW V1 3 P
           
17-Sep Maandag 9:00 FW V2 3 P
18-Sep Dinsdag        
    14:00 Gasvryheidstudie 3 NP
19-Sep Woensdag        
20-Sep Donderdag 9:00  GEO V1/ Elektr 3 P/NP
14:00  GEO V2 P
21-Sep Vrydag 9:00 LW V1 NP
           
24-Sep Maandag Heritage Day  
25-Sep Dinsdag        
26-Sep Woensdag 9:00 LW V2 P
27-Sep Donderdag 9:00 Toerisme 3 P
28-Sep Vrydag        

 

 

 

 

 

 

 
 

 

If you don't want to receive our news anymore, unsubscribe