Uitgawe 3: 28 Januarie 2019

 

 

If you can't see this e-mail properly, view it online

 

 
 

 

valies logo2

 

 

 

 

 

valies tema

Leuse/Tema vir 2019:  Dankbaarheid!

 

 

NUUS-KIERIG

 

 

Uitgawe 3 -  28 Januarie 2019

 

 

 

   

 

 

Geagte ouer/voog

 

 

 

 

 

Ek wil baie dankie sê vir elke persoon wat ons skool ondersteun, en wat met trots getuig dat hulle ‘n Valie-ondersteuner is.  U volgehoue vertroue en ondersteuning maak my, as hoof, se taak soveel makliker en u moet glo dat ek en die beheerliggaam alles doen tot eer van ons skool.

 

 

 

Ons het werklik ‘n druk program die volgende paar weke en ek vra vir geduld en begrip met al die aktiwiteite.

 

 

 

Sterkte aan elke atleet wat hard oefen om ons op die atletiekbaan te verteenwoordig.

 

 

 

Ons sien baie uit na ons graad 8-leerders se groentjiekonsert en die braaigeriewe daarna.  Die graad 8-leerders is van volgende week af volwaardige Valies!!

 

 

 

Gedagte vir die week

 

 

 

God is so ongelooflik goed vir ons.” – Luk. 1: 78

 

 

 

Valie-groete 

 

 


SCHALK RABIE - HOOF
2019.01.28

 

 

 

Wynveiling

 

 

 

Datum:             Vrydag, 8 Maart 2019

Tyd:                 18:00 vir 18:30

Koste:              R3500 per tafel (10 mense om tafel) OF R350 per persoon (Sluit in gratis toegang na Karnavalie op 9 Maart 2019)

      Kontak asb. vir Marietjie van Zyl by (016) 429 1792 vir aankoop van kaartjies. Daar is slegs ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar.

 

 

 

Wynlotte word deur Laerskool Paarl Gimnasium verskaf

 

 

 

Ander opveilitems

 

 

 

Wyn, brandewyn, whiskey en ginproe

 

 

 

Karnavalie:  2019

 

 

 

Datum:             Saterdag, 9 Maart 2019

Tyd:                 08:00 tot middernag

Koste:              R100 per volwassene

                        R50 per kind onder 12 jaar

      Kaartjies kan vooraf gekoop word by mev. Charmasne van de Poll, maar sal ook te koop wees by die hekke op die dag van die

      Karnavalie.

Sangers:          Heuwels Fantasties, Jan Bloukaas en vele meer….

 

 

 

 

Stalletjies, biertuin, Gin en Craft bier, laser tag en pretpark

 

 

 

 

Stalletjies by Karnavalie

 

 

 

Indien u belangstel om ‘n stalletjie te bekom by die Karnavalie op 9 Maart 2019, kontak asb. vir Gerda:  082 377 5013 of Annelize:  072 252 9412

Koste per stalletjie:      R500 – enkel gazebo

                                    R1000 – dubbel gazebo

 

 

 

 

ATKV-redenaars

 

 

 

Die interne voorbereide sowel as onvoorbereide redenaarskompetisie sal vanjaar plaasvind by Hoërskool Overvaal op 18 Februarie 2019.  Die tyd van die kompetisie sal nader aan die betrokke datum deurgegee word. 

 

 

 

 

Voorbereide temas:

 

 

 

Graad 8 en 9:              Waarheid

                                    Beelde

                                    Deure

 

 

 

Graad 10 tot 12:          Navigeer

                                    Tone

                                    Magnete

 

 

 

Ons beplan ook om ‘n redenaarsopleidingkursus te skeduleer voor hierdie kompetisie. Lekker skryf.  Ons sien uit daarna om elkeen se opinie te hoor.

Vir enige navrae, kontak gerus vir Mev. Esté Cilliers by 072 447 0786.

 

 

 

Kennisgewing van ‘n nominasie – en verkiesingsvergadering vir die verkiesing van een ouerlid vir die beheerliggaam

 

 

 

Datum:             12 Februarie 2019

Tyd:                 19:00

Plek:                Skoolsaal

 

 

 

Nominasievorms is by die algemene kantoor beskikbaar.

 

 

 

Krieketnuus

 

 

 

Daar sal Maandae tot Donderdae elke middag krieketoefening wees vir alle o/14- en o/15-krieketspelers.  Gebruik die geleentheid om julle plekke te verseker in ons interne wedstryde wat binnekort begin.  Ons wil graag die krieket verbeter en aan ons seuns speelgeleenthede bied – Albert Morkel.

 

 

 

 

Boeke benodig vir mediasentrum

 

 

 

Ons skool benodig steeds nuwe, interessante Afrikaanse sowel as Engelse leesstof gemik op die jeug.  Mev. van Tonder bedank 2018 se mediasentrumprefekte wat so hard gehelp het met die opneem van nuwe boeke in die mediasentrum.  Dit word baie waardeer.

 

 

 

 

Klerebank

 

 

 

Enige navrae kan gerig word aan mev. Louisa Pretorius per whatsappboodskap by 081 546 6143.  Ruil van skoolbaadjies, rompe en hemde sal waardeer word.

Skenkings van klere sal hoog op prys gestel word. 

 

 

 

“Cheerleading”

 

 

 

Proewe sal op Donderdag, 21 Februarie 2019 plaasvind.

 

 

 

Leerders moet in groepies saamwerk om ‘n dansie uit te werk.  Die volgende bewegings is ‘n vereiste in die dansie:

 

 

 

  • Split
  • Bruggiebou
  • Knipmes
  • Wawiele
  • Handstande

 

 

 

Die dansie móét bogenoemde, sowel as ‘n waagtoertjie, insluit.  Dit moet ongeveer 1 – 2 minute lank wees.   Gee name op by mev. Pretorius.

 

 

 

 

Omgeegroep

 

 

 

Daar is ‘n voedingskema by die skool.  Indien u belangstel om betrokke te raak, kan u mev. Marietjie Bouwer kontak by 083 277 7783.

 

 

 

 

Ouers wat deurloop na klasse

 

 

 

Ouers moet ten alle tye aanmeld by die algemene kantoor en mag onder géén omstandighede deurstap na klaskamers nie. 

 

 

 

Koop van eet- en drinkgoed deur heining

 

 

 

Neem asseblief kennis dat géén leerder kos of drinkgoed deur die skool se heining mag koop of in ontvangs neem nie.  Leerders mag ook nie kitskos of wegneemetes laat aflewer by die skool nie.   Die skool het ‘n goed toegeruste voedselsorgsentrum, wat die alleenmandaat besit op verkope aan leerders, en daar is ‘n wye verskeidenheid van bekostigbare eet- en drinkgoed, wat aan al ons leerders se behoeftes voldoen. 

 

 

Selfone, Ipods en ander elektroniese toestelle

 

 

 

Geen selfone mag aangeskakel wees in skooltyd nie. Selfone sal gekonfiskeer word indien dit in klastyd gebruik word.  Die selfone sal vir ‘n tydperk van een maand in die kluis toegesluit voordat dit aan die leerder terug besorg sal word.  ‘n Boete van R100 kan 24 uur nadat die selfone  gekonfiskeer is, betaal word om dit vinniger terug te kry.  

 

 

 

Geen Ipods of ander elektroniese toestelle word by die skool toegelaat nie.  Dit sal ook gekonfiskeer word.

 

 

 

 

Laatkom

 

 

 

Leerders moet reeds om 07:25 binne die skoolgronde wees, en om 07:30 in klasverband aangetree wees op die blokke.  Dit bly u as ouers se verantwoordelikheid om te verseker dat u kind/ers elke skooldag betyds by die skool is, ongeag of u hulle aflaai by die skool, en of hulle self skool toe stap/ry.  Daar sal streng opgetree word vanjaar teen leerders wat laatkom. 

 

 

 

  

Parkering van leerders binne skoolterrein

 

 

 

Slegs leerders wat beskik oor 'n geldige bestuurderslisensie mag binne die skoolterrein ry en parkeer.  Leerders sonder die nodige dokumentasie, moet asseblief in die parkeerterrein by die winkelkompleks oorkant die skool parkeer. 

    

 

 

 

Afhaal van leerders gedurende skoolure

 

 

 

Geen leerders mag die skoolterrein verlaat gedurende skoolure sonder om eers afgeteken te word in 'n register in die algemene kantoor nie.  Indien leerders dit wel doen, sal dit beskou word as "stokkiesdraai" en sal hy/sy volgens die dissiplinêre kode van die skool dienooreenkomstig  gestraf word. 

 

 

 

Ter wille van u kind se veiligheid, kan slegs ouers of voogde 'n leerder kom afhaal.  Indien 'n ouer/voog weens werksomstandighede nie self 'n leerder kan afhaal nie, moet 'n toestemmingsbrief saam met die persoon gestuur word wat die leerder afhaal, of die ouer moet 'n toestemmingsbrief aan ons faks of per e-pos stuur.

 

 

 

 

Dieselfde reëling geld ongelukkig ook vir die leerders se broers/susters, oupas/oumas en ooms/tannies.  Die leerders bly die skool se verantwoordelikheid tot tyd en wyl ons hulle in die sorg van hulle ouers/voogde oorgee.  Let wel:  Telefoniese toestemming sal nie aanvaar word nie, bloot weens die feit dat ons in staat moet wees om skriftelike bewys van toestemming te kan toon aan die Departement, sou dit nodig wees. 

 

 

 

Indien 'n leerder gedurende skoolure siek word, mag hy/sy nie self die ouer skakel nie.  

 

 

Die leerder sal in die siekekamer gehou word tot tyd en wyl die ouer hom/haar kan afhaal. 

 

 

 

Ons sal dit waardeer indien u sover as moontlik afsprake na skoolure sal reël.  Moet asseblief nie u kinders vir onbenullige redes tydens skoolure kom afhaal nie.  Dit is geweldig steurend vir die personeel indien ons kort-kort leerders uit klasse moet roep.

 

 

 

Maak asseblief seker dat ons oor u korrekte kontakbesonderhede beskik, en dat ons in staat is om u in die hande te kry in gevalle van siekte en nood.  Dit het al in die verlede gebeur dat ons tydens'n noodgeval tot drie oproepe moes maak voordat ons daarin kon slaag om 'n ouer te bereik!

     

 

 

  

Groentjiekonsertkaartjies

 

 

 

Ongelukkig is alle kaartjies reeds uitverkoop.

 

 

 

Leerders gebruik voorportaal as deurgang

 

 

 

Ons ondervind 'n groot probleem met leerders wat die voorportaal by die algemene kantoor gebruik as 'n deurgang.  Dit is veral leerders wat gebruik maak van die parkering voor die administratiewe blok, en leerders wie se busse geparkeer staan voor die administratiewe blok, wat hulle hieraan skuldig maak.  Die voorportaal skep die eerste indruk wat besoekers van ons skool kry, en moet dus deurentyd skoon en netjies gehou word.  Dit is 'n groot frustrasie om die vloere skoon te hou met leerders wat gedurig daar deur beweeg, soms selfs met modderige en vuil skoene en ook na sportperiode met rugbyskoene aan.  Ons vra u dringende samewerking in hierdie verband.

  

 

 

 

Klerewinkel:  ekstra tye in Januarie en Februarie 2019

 

 

 

29 Januarie, Dinsdag:  17:00 – 18:00

2 Februarie, Saterdag:  13:00 – 14:00

 

 

 

NORMALE WINKELTYE

 

 

 

Maandae + Dinsdae + Donderdae  11:00 tot 12:00

 

 

 

LET ASSEBLIEF DAAROP DAT TYE VAN DIE WINKEL AANPAS VOLGENS DIE POUSETYE VAN DIE SKOOL.  DIE WINKEL IS DUS MAANDAE + DINSDAE + DONDERDAE OOP WANNEER DIT POUSE IS. 

 

 

 

Vir enige navrae:  Kontak gerus Michelle - 084 554 9928 of Pierre –  084 529 3299

 

 

 

Verjaarsdae:  Personeel

 

 

 

JANUARIE

 

 

 

   31     Mnr. A. Coetzer  

 

 

 

FEBRUARIE

 

 

 

7       Pepe  (Algemene Werker)  

11     Mnr. S. Rabie

16     Mej. C. Groenewald

16     Mev. M. van Zyl (Administratiewe dame)

21     Mej. S. Cronjé

26     Mev. C. van de Poll (Administratiewe dame)

27     Mev. L. Pretorius

 
 

 

 

 

Verjaarsdae:  Leerders

 

 

 

JANUARIE    
     
28 BERNHARDT  INGE GR 11/1
     
  KRUGER  KYLE GR 9/3
     
  VAN DER VELDE  DYLAN GR 9/1
     
29 CONLONG  CHANDRé GR 12/1
     
  PRETORIUS  CHANé GR 12/1
     
30 EIGENHUIS  JACQUES GR 12/3
     

31

PRETORIUS  DAMIAN

GR 12/1

 

 

 

FEBRUARIE

 

 

 

   
     
1 ELS  JUSTIN GR 11/1
     
  SEAMAN  DEIDRE GR 9/4
     
  SWART  EUNICE GR 9/1
     
  SWART  IONé GR 9/4
     
  LA-COCK  MORNé GR 8/5
     
  MOENS  BIANCA GR 8/3
     
4 FOURIE  NATHAN GR 9/3
     
5 DEN OUDEN  ESMERALDA GR 11/2
     
  DEN OUDEN  EUGENé GR 11/3
     
  SAMUELS  CALEB GR 8/5
     
  STRECKER  BIANCA GR 12/4
     
6 ALBERTS  GIZELLE GR 9/1
     
  BERRIES  LEON GR 11/2
     
  CLAASSEN  JOANé GR 9/3
     
  GREYLING  WALESCKA GR 9/4
     
  RALPH  WIAN GR 9/3
     
  VAN DER WATT  KOBUS GR 10/1
     
  WHATLEY  RAYMOND GR 11/1
     
7 HUYSER  OWEN GR 8/2
     
  VORSTMAN  THESSA GR 9/2
     
9 DEYZEL  CARIKE GR 11/4
     
10 DE SOUSA  MARCO GR 8/1
     
  SMITH  CHEVONNE GR 8/1
     
11 BOTH  ZEIGH GR 8/3
     
  LEKONYANE  NALEDI GR 9/1
     
12 STRAUSS  CHARLOTTE GR 11/1
     
  STRAUSS  SANZELLE GR 11/4
     
13 HENNIG  AMOR GR 8/5
     
  MAJORO  PALESA GR 9/1
     
  MC DONALD  DIVAN GR 12/2
     
14 BEYLEVELD  ZANDER GR 9/4
     
  JANSEN  ARMAND GR 12/3
     
  KRUGER  CARIA GR 10/3
     
  VAN DER MERWE  MG GR 8/2
     
16 NEL  CHARLIZE GR 12/3
     
17 COETZEE  BERTUS GR 9/1
     
  SCHOLTZ  TRINITI GR 8/5
     
19 BADENHORST  JORDAN GR 8/5
     
20 BURGER  CLAUDETTE GR 9/1
     
  DU TOIT  SHI-ANN GR 10/2
     
  VOGES  DIVAN GR 9/2
     
21 BORNMAN  ANSCHEN GR 10/2
     
22 LLOYD  JACQUES GR 11/1
     
  PITA  MELISSA GR 12/4
     
  SCHOEMAN  ELRICO GR 12/3
     
23 JANSE VAN RENSBURG  CLAYTON GR 10/1
     
24 ODENDAAL  MARYNA GR 9/3
     
25 BOTHA  AMé GR 9/1
     
  LUCAS  STANLEY GR 9/2
     
  PIETERSE  CHARMAINE GR 11/1
     
  VAN NIEKERK  TAMRYN GR 10/2
     
  WESTRAADT  ANDALé GR 11/4
     
26 TESNER  MICHELLé GR 11/3
     
27 NAUDé  MINETTE GR 12/3
     
  VISAGIE  ELIZKE GR 12/4
     
28 MC DONALD  TAMAR GR 8/5
     
  RADLOFF  CHRISTELLE GR 12/2
     

 

 

 

 

      

 

 

 

 

 
 

 

If you don't want to receive our news anymore, unsubscribe