Fasiliteite



HOËRSKOOL OVERVAAL BESKIK ONDER MEER OOR DIE VOLGENDE FASILITEITE:

 Paviljoen
‘n Atletiekbaan
2 Hokkievelde
2 Rugbyvelde
4 Netbalbane
1 Krieketveld
Krieket Oefennette
Sportsentrum
Videokamer
Elektriese Klas
Skoolsaal
2 Rekenaar Laboratoriums
Verbruikerstudie Kombuis
Valiespens
Biblioteek
Sluitkassies
Restaurant/Klubhuis
Teater

VALIESPENS

Die Valiespens sorg dat die leerders se mae vol bly en hulle dors geles is.

Hierdie nuut opgegradeerde snoepie het ‘n spyskaart wat vir almal se smake en voorkeure voorsiening maak.  ‘n Gunsteling op die spyskaart is die “Rabie Special” wat ‘n geroosterde russian, kaas en uie broodjie is.   

Corné Robberts en haar man is aan die stuur van die Valiespens en haar wens is dat Covid gou oorwaai sodat hierdie weer die plek kan wees waar Valies na hartelus kan ontspan en kuier.  Sy is ‘n ma vir baie en dit is haar passie om ‘n oor en skouer te leen aan die wat dit die dag nodig het.

SPORTSENTRUM

Ons spog vanaf 2020 met 'n sportsentrum waar die Valies gratis kan oefen.

Die verskeie sportspanne maak ook gebruik van hierdie geriewe in die week tydens hulle oefensessies.  Die bekende biokinetikus in die Vaaldriehoek, Magdel Massyn en haar span het by Overvaal aangesluit.  Leerders kan haar besoek om seker te maak dat ‘n onderliggende besering nie hulle spel beïnvloed nie. 

GASVRYHEIDSKOMPLEKS

Ons spog vanaf 2021 met 'n nuut opgedateerde gasvryheidskompleks, restaurant en klubhuis!

By Valie Lekkerte kan elke gasvryheidsleerder onder leiding van Me. Patricia Esterhuizen leer voorberei, kook, opdien en opruim.