Finansiële Beleid

Alle fondse wat die Overvaal Alumnibond ontvang, word deur die bestuur van die Alumnibond sowel as deur die finansiële komitee van Hoërskool Overvaal onder die Alumni-fondsrekening bestuur.

Hierdie fondse mag slegs aangewend word vir behoeftige leerders, sowel as die verbetering van fasiliteite by Hoërskool Overvaal.

Alle lede van die Alumni moet jaarliks in kennis gestel word van die fonds se inkomstes en uitgawes met totale deursigtigheid.