Algemene Reëls
Skoolure:
Maandae tot Donderdag: 07:25 tot 14:00
Vrydae: 07:25 tot 13:20
Verlaat van skoolterrein gedurende skoolure
Maandae tot Donderdag: 07:25 tot 14:00
Vrydae: 07:25 tot 13:20
Verlaat van skoolterrein gedurende skoolure
- Afsprake buite skoolverband van watter aard ook al, moet verkieslik na skoolure, oor naweke of in vakansietye gereël word.
- Geen leerder sal tydens klastyd geroep word om vroeër huis toe te gaan nie. Leerders moet tydens pouses afgehaal word.
- Leerders bly die skool se verantwoordelikheid tot en met die einde van die skooldag wanneer die leerders in die ouers se sorg oorgegee word. Indien 'n ouer/voog dus nie self 'n leerder kan afhaal gedurende skooltyd nie, moet skriftelike toestemming aan die skool verleen word indien iemand anders as die ouer/voog die leerder by die skool afhaal. Telefoniese toestemming deur die ouer/voog is onvoldoende, aangesien ons skriftelike bewyse vir die departement op leêr moet hou.
- Leerders wat in skooltyd siek word, mag onder geen omstandighede hulle ouers/voogde self kontak om hulle by die skool af te haal nie. Siek leerder moet by die algemene kantoor aanmeld, waarna een van die administratiewe dames die ouers/voogde sal kontak. Die siek leerders sal in die siekekamer gehou word totdat die ouers/vooge arriveer om hulle af te haal en in die register uitteken.
Selfone, tablette, elektroniese sigarette, juwele:
- Selfone mag slegs met toestemming gedurende klastyd gebruik word.
-
Geen tablette en oorfone word by die skool toegelaat nie. Dit sal gekonfiskeer word.
- Elektroniese sigarette sal PERMANENT GEKONFISKEER en vernietig word.
- Ontoelaatbare juwele word gekonfiskeer, en 'n R100 boete sal gehef word alvorens leerders se juweliersware aan hulle terugbesorg word.