
Welkom by Hoërskool Overvaal
Uit die Hoof se Kantoor!
| Dankie aan al die wintersportspanne wat die afgelope week deelgeneem en hulle beste gedoen het. Sterkte aan die rugbyspanne wat hierdie komende week die skool gaan verteenwoordig.
| Ek doen ’n ernstige beroep op alle ouers om toe te sien dat leerders goed voorberei vir die eksamen.
| Baie sterkte aan almal met die res van die eksamen!
Gedagte vir die week
"Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee." Fillipense 4:13
BELANGRIKE NUUS

OPEDAG
Kom beleef ‘n kleurryke laatmiddag/aand vol liggies, lekker kos, vermaak en ‘n spesiale toer deur ons trotse Valie-skool.
Ouers en leerders welkom!
Kliek op die onderstaande skakel om te RSVP

BORG 'N BANKIE
Vier Overvaal se 45ste bestaansjaar deur jou merk op ons skool te laat! 🏫✨ Ons nooi ouers, oud-leerlinge, besighede en vriende van die skool uit om 'n bankie te borg vir slegs R2000.
Elke geborgde bankie sal ‘n gegraveerde plaatjie hê met jou of jou besigheid se naam – ‘n blywende herinnering aan jou bydrae tot ons skool se nalatenskap.

Word deel van die VALIE VIBE....
Trots met elke tree bykomstighede nou beskikbaar aanlyn! Koop 'n pakket en SPAAR 10%
Waarom Overvaal Jou Keuse Maak?
-
👩🎓 KWALITEIT ONDERRIG
Akademie is vir ons van kardinale belang met top gehalte onderwysers wat elkeen 'n passie het vir sy/haar beroep. Ons fokus verder ook op 'n balans tussen sport en kultuur.
-
😊 JY IS BELANGRIK
By ons tel ELKE kind! Hier is jy nie net nog 'n naam of nommer nie en kan jy as leerder op alle gebiede ontwikkel en groei.
-
💻 VEILIGE OMGEWING
Ons bied die geleentheid vir elkeen, om binne 'n veilige en stabiele omgewing gebalanseerd te ontwikkel tot 'n gelukkige volwassene!
-
👨👩👧👦 ONS IS FAMILIE
By Overvaal is ons een groot Valie-familie! Elkeen by Overvaal het 'n rol om te speel.
-
❤️ ONS GEE OM
Ons leerders en ons gemeenskap is vir ons van kardinale belang! Liefde, omgee en verdraagsaamheid deel van wie ons is!
-
✅ Waardes is belangrik
Hoërskool Overvaal is 'n skool met Christelike karakter

Boodskap van die Hoof
Daar is net een woord om Overvaal te beskryf: Bevoorreg! Bevoorreg om die Hoof van die skool te wees, bevoorreg om onderwyser by die skool te wees, bevoorreg om 'n leerder van die skool te wees!
Overvaal is sinoniem met gelukkige , gebalanseerde leerders. Hierdie skool het homself oor 40 jaar gevestig as familie-skool waar elke leerder belangrik is! Passievolle onderwysers, die beste leerders, 'n ondersteunende ouergemeenskap en God se seën, verseker dat Overvaal jou nommer een skool is!
Mnr. Schalk Rabie