Valie Skatkis
Wynveiling met GP van Reede van Oudtshoorn & sy Band - Gingersnap
Wynveiling met GP van Reede van Oudtshoorn & sy Band - Gingersnap
Couldn't load pickup availability
Daar is sekere aande waarna mense maande lank uitsien... en Hoërskool Overvaal se jaarlikse Wynveiling is beslis een daarvan.
Elke jaar stel ons die standaard 'n bietjie hoër, en 2026 gaan geen uitsondering wees nie.
Na die oorweldigende sukses van sy vorige besoek en die talle versoeke om hom terug te bring, is ons trots om weer GP van Reede van Oudtshoorn en sy band Gingersnap te verwelkom.
As seremoniemeester gaan GP die aand vul met sy kenmerkende humor, skreeusnaakse stories en aansteeklike persoonlikheid, terwyl Gingersnap sorg vir lewendige musiek en 'n atmosfeer wat niemand ongeraak laat nie.
As jy twee jaar gelede daar was, weet jy presies waarvan ons praat. As jy nie was nie... is hierdie jou kans om self te beleef waarom almal nog steeds daaroor praat.
Geniet 'n aand van uitstekende wyne, opwindende veilings, heerlike kuier, ongelooflike vermaak en die unieke Valie-gasvryheid waarvoor ons bekend is.
Bespreek betyds!
Hierdie is jaar na jaar een van ons gewildste funksies en tafels verkoop baie vinnig uit.
Pryse:
🍷 Tafel (10 persone): R1 500
🍷 Enkelkaartjie: R150 per persoon
🥂 Kontantkroeg beskikbaar.
🧀 Bring jou eie eetgoed
Bring jou vriende, familie of kollegas bymekaar en beleef 'n aand van lag, musiek, goeie wyn en onvergeetlike herinneringe.
Moenie wag totdat iemand vir jou vertel hoe lekker dit was nie... wees self deel van die ervaring.
Share
