Valie Skatkis
Gholfdag 2026
Gholfdag 2026
Couldn't load pickup availability
Trek jou gholfskoene aan en maak gereed vir ’n dag van lekker speel, netwerk en gemeenskapsgees!
📍 Maccauvlei Gholfklub
📅 12 Junie 2026
⏰ Shotgun start: 11:00
Ons nooi al ons ouers, oudleerders, sakelui en Valie-vriende om deel te wees van hierdie spesiale fondsinsamelingsdag. Dis meer as net gholf – dis ’n geleentheid om saam te kuier, nuwe verhoudings te bou en ’n verskil in ons leerders se toekoms te maak.
🏌️♂️ 4-Bal: R3 000
🏌️♂️ Putjieborg: R1 500
🏌️♂️ 4-Bal + Putjieborg Kombinasie: R4 000
Beperkte plekke beskikbaar – moenie wag nie!
Ons is ook op soek na ’n trotse Hoofborg wat saam met ons hierdie dag moontlik wil maak. Indien u besigheid betrokke wil raak, kontak ons gerus.
Kom speel saam. Kom kuier saam. Kom bou saam.
💙 Want by Overvaal speel ons nie net vir punte nie — ons speel vir ons kinders se toekoms.
Share
