Valie Skatkis
Kuieraand: Geldenhuys & Venter
Kuieraand: Geldenhuys & Venter
Couldn't load pickup availability
KUIERAAND MET VAN WYK VENTER & FRANZ GELDENHUYS 🍷🎶
(begeleiding deur Abrie Venter)
Ons nooi jou hartlik uit na ’n aand van heerlike kuier, goeie mense en uitsonderlike musiek—en terselfdertyd ’n kans om ons skool op ’n betekenisvolle manier te ondersteun.
Hierdie jaar is dit belangriker as ooit: die Departement het landswyd fondse aan skole gesny, en dit beteken ons moet elke fondsinsameling ten volle benut om vir ons kinders steeds die beste moontlike geleenthede te kan bied.
✨ Wat maak hierdie aand besonders?
Die fokus van die aand val op Franz Geldenhuys en Van Wyk Venter—twee ongelooflik talentvolle kunstenaars wat jou gaan vat van ’n bietjie opera tot ligter, lekker luister-musiek. En as bonus gaan Abrie Venter ook optree en bydra tot die spesiale atmosfeer van die aand.
🍽️ Prakties:
-
Kontantkroeg beskikbaar
-
Bring jou eie eetgoed en maak dit ’n lekker tafel-kuier saam met vriende
🪑 Koop ’n tafel en ondersteun ons skool
Ons nooi ouers, vriende en besighede om ’n tafel te koop—dis ’n eenvoudige manier om saam te staan en ’n regte verskil te maak.
🤍 Ondersteun ons asseblief. Kom kuier saam, geniet ’n besonderse aand, en help ons bou aan ’n sterk 2026 vir ons kinders.
Share
