Skip to product information
1 of 1

Valie Skatkis

Mel die Storieverteller - Internet Sensasie - Vereeniging

Mel die Storieverteller - Internet Sensasie - Vereeniging

Regular price R 2,000.00 ZAR
Regular price Sale price R 2,000.00 ZAR
Sale Sold out
Size
Quantity
Vereeniging, los die braaivleis net vir een aand – kom lag saam, ons belowe dis warmer as jou kole! Bring jou maat, jou buurman en daai tannie wat alles weet – almal gaan iets hê om oor te lag!  Dis goedkoper as terapie en baie meer pret – Vereeniging, jy wil hierdie nie mis nie!

In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.

Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.

Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!

NB!!! JY SAL JOU KAARTJIE/S VIA EPOS ONTVANG.

Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen onder 18’s
Venue: Hoërskool Overvaal
Adres: Reynolds straat 7, Falconridge
Kaartjieprys: R2000 per tafel van 8 / R220pp - Gallery sitplekke; Verwelkomingsdrankie ingesluit
Deure open: 17:00
Vertoning begin: 18:00
Kaartjies: Beskikbaar by Skoolkantoor / www.meldiestorieverteller.co.za
Kontak persoon: Hanri Steyl - 063 512 4370

Kontantkroeg beskikbaar. Eie eetgoed welkom.

View full details